2015/04/13

Lavandula

Lavandula

In lande, in  tuine, staan jy
Met blomme pers, wit of geel
Jy en so vele ander in bondel of reël
Soete hemelse reuk te versprei

Ek staan in son en hard gebakte land,
My hande wat jou blare streel
Jou olie met my vingers te deël
Denkend aan 'n hemelse verband

Jy verroer die badkamer, blomstruikie
Wanneer herfs die somer oppik;
Ek jou dooie lewe uitknip
Langdurig die uitgif van aroma uit jou potpourri
Maar ek, mens wat hier staan, alleen
Nóg in son, nóg hard gebakte land
Wetend wat is gestand
'n Einde tot tyd net geleen

Wanneer die Groot Tuinier eendag my ontaard

Sal die werke van my hande,  
My leeftyd se kleurvolle kante,
'n Welriekende geur op hierdie wêreld agterlaat?

No comments: