tag:blogger.com,1999:blog-84655249277818725822024-03-13T13:00:55.308+00:00Meanderinge van 'n ysbeerDie opininies van 'n derde wêreld kindAnonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.comBlogger42125tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-35024255047401600272017-05-01T06:00:00.000+01:002017-05-01T06:00:12.131+01:00Wanneer die Winter Kom<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Wanneer die Winter Kom
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Wanneer die winter kom,
 is dit tyd vir sjerrie en sjokolade.
Wanneer die winter kom,
 is dit tyd om nader aan mekaar te skuif,
 snoesig onder die kombers om die kaggelvuur.
Ongelukkig verloop sake nie soos beplan,
 nie soos die mens se wil.
Soos nou.
Soos nou.
Dis tyd om afskeid te neem.
Dis tyd om totsiens te sê.
Afskeid, tranetyd
'n Blinkering in die ooghoel
Van 'n hart wat lek.
'k Hoop wanneer ons weersien,
 trane verpleegsters was.
'k Hoop op 'n vredesrugtigheid,
 wanneer ek jou weer sien.
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Oorspronklike skrywe 18 Junie 1987
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-71844800256957296282017-04-30T08:00:00.000+01:002017-04-30T08:00:17.276+01:00Lament van 'n Nie-meer<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Lament van 'n Nie-meer
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Ek was ek was ek was, gewees.
Ek het ek het ek het, gesien.
Ek sou ek sou ek sou, soveel doen.
Maar ag, maar ag: ek het gewag!
Die lewe die lewe, is 'n draad.
Die skêr die skêr, so skerp.
Ek wou ek wou, ek wou nog soveel doen.
Die dood die dood, het so gou gekom...
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklik geskrywe 3 Julie 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-27846622184798112252017-04-14T08:00:00.000+01:002017-04-14T08:00:11.799+01:00Es Deus<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Es Deus
U het, Here:
Dis net in eenvoud wat ek tot U kan kom
Wanneer ek die natuur beskou
U skepping bewonder
U is my te behou.
Hoeveel springbokke is daar dan nie?
U ken elkeen by naam
Wanneer een 'n roofdier ten prooi val
Is dit volgens U wil gedaan.
Is die kraaie dan nie wispelteurig nie?
Tig luister hul na U.
Het hul Elia dan nie bedien
Op die woord van die Individu?
Hoe wonderlik is U werke
Die heelal volgens U gemaak
Hoe verbasend is U gena'
U't my ook nie versaak.
Om te dink aan die dood
Sal my brein nooit nie wen
Deur 'n spieël in 'n raaisel
Om eendag ten volle te ken
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Dan nou, Here:
Ek staan voor 'n vlakte -
Dis droog en bar en wyd.
My swarigheid voel my
Euwel's genot om uit te kryt.
Ek sien geen dier.
Nie eens gras roer in die wind.
Dis droog en bar en wyd.
Ek voel leeg, ek voel verslind.
O' Here nader by my U.
Vul my vlakte van pu=yb
Met lewende water uit u troon -
Die dorheid te verdwyn.
Hoe wonderlike is U werke
U voorsien elk' boom van water.
Hoe deurgaam is U liefde
U sal my nie los vir later.
In futurm, Here:
Ek weet dat U al's kan doen -
Geen plan is vir U onuitvoerbaar nie.
Ek kan geen raadsbesluit neem -
Geen kennis kan uit my voortkom nie.
So het dan eie ek in gesprek,
Maar niks verstaan.
U is te wonderlik vir my.
Tog sal ek luister na geen vermaan.
Hoor tog, O' Here
As ek tot U spreek.
Ek sal U ondervra,
U sal my onderrig, die leek.
Es Deus
Deus Mea.
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklik geskrywe 9 Julie 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-50262778810547593572017-03-06T06:00:00.000+00:002017-03-06T06:00:27.311+00:00Ntendeka<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Ntendeka
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">'n Zoeloekoning het toevlug gevind
onder die ontmoeting van blou en krans
daar in die woude waar
 sonstraal en skadu soos kinders rondbaljaar.
Majestueus het Ntendeka uitgetoorn,
die roep van die loerie beskerm
en die Skepper te verheerlik
 terwyl laatmiddagson voelers oor die vallei uitstrek.
Saam met sytakke ban Sikwebezi vloei die laaste lig weg
Vuurvliegies wys die pad vir woudlopers aan.
In my gees het iets ontwaak. 
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Oorspronklike skrywe 14 Mei 1989
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-60504165917283821322017-02-27T06:00:00.000+00:002017-02-27T06:00:14.773+00:00Mens<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Mens
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">... kyk in oneindigheid in.
... ry op winde van goeie herinneringe.
... swem in stil glimlag.
... verlang.
Oorspronklike skrywe 4 Desember 1987
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-66063175047307886962017-02-20T06:00:00.000+00:002017-02-20T06:00:08.473+00:00Intern<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Intern
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">In die wind 'n tere fluistering.
In die reën 'n verborge lied.
In die lug 'n voordurende herbeelding.
In die grond 'n wortel tot groei.
In die water 'n mikrokosmos vol lewe.
In die mens ... ?
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Oorspronklik geskryf 29 Aug 1987
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-7013661613335724472017-02-06T06:00:00.000+00:002017-02-06T06:00:12.255+00:00Dagegte<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Dagegte
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">alles troebel so is my
redenasie ondermyn versper my
denke word kop of stert ek
kan nie uitmaak nie ek weet
nie links of regs nie op of
af weet nie ek nie afgekom
het nadat of die ses 'n
rivier troebel dam soos 'n
so deurmekaar dit is
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklike skrywe 16 Mei 1987
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-18093059087220839482017-01-30T06:00:00.000+00:002017-01-30T06:00:22.564+00:00Pondokkie<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Pondokkie
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Pondokkie in die Hoëveldgras
 Vervalle ou geboutjie -
 Met sy goue vensters.
Die son trek wes weg
 Die glans verkwyn -
 Dofgrys vervalle geboutjie.
Elkeen is seker geregtig op 'n stukkie goud in't lewe.
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Oorspronklik geskryf 29 Maart 1987.
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-9348727401167602462017-01-28T18:00:00.000+00:002017-01-28T18:00:12.587+00:00Afskeid<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Afskeid
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Groepering van vriende
Soos die vrugteboom vol vrugte in die somer
Weerklank van hartlike gelag
Oomblikke van teerheid
Pure genot.
Na die somer die herfs
Soos die blare val
Verwaai ons van mekaar
Elkeen in sy eie koers
Elkeen in sy eie onbekende.
Die eerste winterreën
Is die trane aan die wang
Weemoedigheid aan dag
Emosie sonder perke
Huil jou hart uit.
Vaarwel vriende
Mag ons weer ontmoet
In eenvoud, vrede en by God.
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklike skrywe 17 Junie 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-75506306240236352132017-01-23T06:00:00.000+00:002017-01-23T06:00:30.761+00:00Beelde<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Beelde 
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Op't die rug gelê
 met oë na die wolke gerig.
Twee swane't na mekaar gesweef;
 grasieus, majestieus.
Twee takbokke't langs mekaar gestaan;
 liefkosend, afwagtend .
Die lig het skielik-snel verdof ...
 Dit reën.
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Oorspronklik geskrywe 30 Januarie 1987
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-61554814184014082612017-01-19T06:00:00.000+00:002017-01-19T06:00:00.193+00:00Vraag in Lewe<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Vraag in Lewe
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;"> Illusie in lewe
Wat gevind was, was onbewus
Wat geweet was, was onbekend
Wat besit was, was onbesit
Soeke, denke, besitname.
Wat was is porselein;
Wat val sou breek
Uit elk' skerf 'n boodskap:
In elk hartseer 'n nuwe toekoms
Hou moed reisiger, hou moed!
 Vrees in vriendskap
Vriendskap in uitreikende hand
Vriendskap om aan te neem
Vriendskap om te koester.
Aangryp, ontvang, beskerm.
Vrees van ontbinde vriendskap
Vrees uit onbekende bron
Tyd sal leer
Tyd sal antwoorde bring
Bly afwagtend reisiger, bly afwagtend!
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;"> Lewe in Liefde
Liefde in die lug
Liefde incognito
Liefde kom, liefde gaan.
Teenwoordig, onbekend, introvert.
Hartseervlekkies in saligheidsrooster.
Salomo die leermeester
'n Geduldige mens is verstandig
'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond
Wees regverdig reisiger, lewe met eer!
 Ewigheid in dankbaarheid
Dankbaarheid vul die lewe
Bring moed vir môre
Jubilate!
Vervuld, verwagtend, dansend.
Niet ewig, niet verewig
Net kontinu in intervalle.
Al is dit donker en onskyn
Sal wolke verdwyn
Jubel sal jy reisiger, sal jy wel!
 Imperfeksie in gedagte
Gedagtes ryk aan idees
Gedagtes vervul met verwagting
Gedagtes soekend na waarheid.
Meditasie, afwagting, gerigtheid.
Ekklesiasties depressionisties.
Geen perfeksie van siel, gees of liggaam.
Volleerdheid is illusionêr
Bly groei, bly leer.
Omhels vernuwing reisiger, sonder end!
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Verwerk van oorspronklike werk in 6 September 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-31079546644114728412017-01-16T06:00:00.000+00:002017-01-16T07:58:57.073+00:00Beeld vir 'n Gewaarwording<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Beeld vir 'n Gewaarwording
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">'n Donker massa
 afgewissel met helderheid
van 'n <span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">wit aar getatoëer
 oor donker wolke.
'n Groen wuiwing
 gesprei teen heuwels en berge
juigend langs vloeiende
 bergstroomkristalhelderheid.
'n Uiterlike verwarming
 vorm 'n lewensbenodigheid
uitgestraal teen <span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">ewigstrekkende
 ligblouheid.
Die silwer kronkeling
 op plate van water
omring deur die oneindighed
 van skitterende diamante.
Iets wat was, is, het beskik
 oor verlede en toekoms.
Iemand wat oor iedereen se toekoms mag waak 
 Wat spreek jy, moderne mens, daaroor?
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Verwerk van oorspronlike idee van 6 Julie 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-33595591980295852452017-01-12T08:00:00.000+00:002017-01-14T05:24:59.124+00:00Winter by Andre<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Winter by Andre 
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">In die vallei af kom hy aangehardloop.
Die wind.
En snerpend sny hy my gebeente onder my rugstring af.
Kliprivier Celsius weerklink teen sagte sand.
Ek ruk my los uit koue gestalte.
Deur immergroen, geskarrel na hout beskut.
Na stomprook van geskaar, na waar ek veilig voe<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">l, na
 daar waar jy my tot lewe heel.
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklik geskrywe 9 Julie 1989.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-45331327989230663112017-01-09T08:00:00.000+00:002017-01-09T08:00:14.494+00:00Reënboog<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Reënboog
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Reënboog. Spektrum. Dispersie.
Groue omstandighede
 Geestelike aftakeling
 Gemoed in dispersie
 Depressief
 Wolke weg
Weerkaatsing weg
 Reënboog weg
Sonstrale in die hart
 Probleme opgehef
 Nuwe uitkyk
 Sielsgeluk
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklik geskrywe 15 Junie 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-35021080429753992052017-01-08T11:51:00.000+00:002017-01-08T11:51:26.866+00:00Lugspieëling<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Lugspieëling
Dit was
 'n Blik in die verte
Daar was
 hoop
 opgewondenheid
 'n gejaag
'n Gejaag na wind. Dit was
'n Lugspieëling
 geen hoop
 gekrenktheid van siel
 donker toekoms teen ligblou hemel
Waarom?
<span style="font-family: "times" , "times new roman" , serif;">Oorspronklike geskryf 15 Junie 1986
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-54333718870229521242016-05-04T22:28:00.000+01:002016-05-05T07:24:57.414+01:00Porseleinruiter<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Porseleinruiter
<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Want die son het geskyn
Maar die <span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">reën  het geval
Op rooi grond gedans soos kinders op karnaval
Tot waar akasia die horison belyn.
Onder die kliphuis se grasdak
Vertel Led Zeppelin
Van trappe die hemel in
En gooi skadu’s op die hart se afdak,
Want die donker het verby gesuiker
Die laaste lig ingesluk,
En tyd verongeluk
Hierby die Bavariese porseleinruiter.
Hier, net hier is nou
Hier waar ek weet ek verlang na jou.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-57160374534445359932015-12-22T19:05:00.000+00:002015-12-22T19:08:57.981+00:00Ysbeer ontmoet vir Senna
Hierdie is 'n kopie van 'n artikel wat vir die Peglerae - die nuusbrief van die Magaliesberg afdeling van Bergklub van Suid-Afrika - geskryf is en in die Maart 2015 uitgawe gepubliseer is. 
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Ysbeer Ontmoet vir Senna 
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Die uwe Ysbeer is
terug in die Magaliesberg. Eish! Dis hittig daarso. Ysbeer het
maar
gesweet. Daar waar hy vandaan kom is nie so warm nie. Ysbeer kan
wel
berig dat Grootkloof nog so mooi soos altyd is, oeroue
sandsteenkranse en al.
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Ysbeer het ook
Senna
ontmoet. Ayrton Senna? Hy mos dood. Het Ysbeer dan nou geeste
opgeroep? Nee, nee, Ysbeer het geleer van Senna die Onkruid,
oftewel
Senna Obtusifolia. Julle sien, die dinge wil mos ons klowe
vervuil.
Ons moet terugveg! Ons moet hierdie bliksems uitwis, maar ons
moet
hulle ontkant vang, net daar wanneer hulle dit nie verwag nie.
Februariemaand! Wanneer hulle nog droom van blommetjies en
peule,
gryp hulle en ruk hulle uit – hulle sal nie hulle blou lug van
hulle bruin grond daarna onderskei nie. Ysbeer sê maar net.
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Nou kyk, hierdie
klub het mense wat die natuur so goed ken. Ysbeer het geleer van
klein kewertjies wat in rakswamme bly. En dié kewertjies het
sommer
parasitiese wespes saam met hulle – een hele millimeter groot!
Kruip nou op jou knieë rond om Senna te verdwelg of uitheemse
bome
af te saag en dis die goed wat jy by Ottilie leer. Priceless.
(Jy kan
ook dit nie met Mastercard koop nie).
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">So van wespes
gepraat, Ysbeer het simpatie met die samekomeling wat deur 'n
perdeby
op die lip gesteek is. Eina! Ysbeer dink hy moet Jan van
Riebeeck
daarvoor blameer - dit blyk die populêre tema van die maand te
wees.
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Terug van daardie
meander na hierdie kwessie van interessante Magaliesberg feite.
Wie
van julle weet van al daai moerse magma wat hierdie berg op sy
sy
gedraai het? Ek is jammer, maar geen Nkandla firepool sou dit
ooit
kon stop nie. Ja-nee, Ysbeer het sommer so ad-hoc geologieles by
Christa ook gekry. Ek sê, ek sê, mens leer baie meer
interessante
dinge hier as 'n tiener wat 'n sneak preview op 'n pornkanaal
probeer
trek. 
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Maar hier is nou
'n
ding wat Ysbeer ook geleer het. Dié onkruiduitroeiery is 'n
wonderlike
ding. Ja, selfs meer wonderlik as die donkie. Die Bergklub kan
seker
mense betaal om dit namens ons te doen, maar arbeid kos geld.
Ons is
baie beter af om daardie geld te spaar vir ander
bewaringsprojekte –
soos om nog grond te kan koop. As ons dit self doen, dan kry ons
kans
om dele van ons grond te verken, waar ons dalk nooit andersins
op sal
uitkom nie. Dis so verve-e-e-e-lig om altyd op paadjies te loop!
'n
Bergklublib kan soveel nader aan die Moeder Natuur ook kom – reg
hierso op ons eie grond. Dis in elk geval nie sulke harde werk
as wat
mense hulle sal verbeel nie. 'n Stuk werk in die oggend, en die
middag in 'n yskoue bergpoel - what's not to like, bro? Moet nou
ook
nie die lekker kos tussen in vergeet nie. As jy nie lekker geëet
het
nie, moenie Ysbeer blameer nie – pak beter in volgende keer.
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Maar so 'n dag
moet
ook aan 'n einde kom. 'n Mens moet ook maar vir die koelte en
sereniteit van Ysterhoutkloof totsiens sê.
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">Groete hier van die
N4 af. Ysbeer wil ook net sê: Woza next weeding weekend! (Nee,
jy
kan nie gerook raak nie, it's not that kind of trip). 
<span style="font-family: Times,"Times New Roman",serif;">(En so as 'n
finale woord wil Ysbeer ook maar net
noem dat hy sommer so lekker gevoel op sy maag het – hy voel
hy
het 'n bewaringsverskil gemaak).
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-54772325035199194762015-12-22T13:53:00.000+00:002015-12-22T13:53:15.571+00:00Musiek van die Binnekelder<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Musiek van die Binnekelder
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Die klanke van Albinoni
Laat ons sweef in ’n wêreld wat niet bestaan
Verlang na oomblikke wat nooit sal wees
Dankbaar oor wat ons het
Klaag oor dit wat moes wees
Draai draai mitologie draai
Deur Orfeus en Euridees
Want liggies, liggies dans ons
Grasieus, grasieus soos die geseënde gees
Ons.
Ons kom
 ons gaan
 ons is
 ons was
 ons sal wees.
Ons.
Khachaturian bring skoonheid uit pyn
Phrige en Spartacus
Bloed, moord, tragedie, liefde ontbeen
Vryheid, onreg en onrus
Allemal verweef in een.
Beelde draai soos ’n ligte ballerina
Beelde draai, draai, draai
Draai reguit deur my
Liggaam, psige, emosies en gees verwaai
'n Biomatriks verweef, versprei.
Die mooi,
 die skoonheid,
 die romantiek,
 die bruis van weer verlief wees
 die nimmerewige zeitgeist.
Dit, net dit.
Ver onder
 wit wolkkombers
 sweef stadig verby
 sweiswit son op metaalvlerk
 blink verblind .
Note rol af by Einaudi se klavier
Draai, draai, rondomtalie draai
In intermezzos van introspeksie
Die gedagtes 'n swart kraai
In die son se laaste refleksie.
Canteloube; daardie ou lied uit die Auvergne
Los geliefdes, vriende agter
Reis alleen verder
In die hart se binnekelder
Spook die musiek nimmereinder.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-43064533842359669162015-12-03T20:24:00.000+00:002015-12-06T13:02:51.817+00:00As die Perdeblom Verwelk<span style="font-family: "courier new" , "courier" , monospace;">Die klap van die reën op die ruit
Waar vermeng met die trein se fluit,
Die ou staanhorlosie in die voorkamer
Die uur klokslag uithamer
Ingekruip is jy, in my hartkas
Jou eie poshok, met notas
Gebêre tot eendag se weersien
Laataandkuier in Koster, of ontbyt in Zlín
Dis toe die lewe hierdie Dinsdag kom staan
En oppie hartsnare ’n C-mineur-sewe slaan
Die akkoord vaspen, middelslag en somber.
Die maag laat saamtrek in kommer
Die boodskap was daar, grou en goor
Ons het jou amper verloor
En voor ek kon verstaan
Was my hart ys en tyd het stil gestaan
Die kil besef het met weerklank geslaan
Ek’s nie reg om jou te laat gaan
 te laat gaan
 te laat gaan
Want ingekruip is jy, in my hartkas
Jou poshok; met meer die notas
Ons herontmoeting so skaars
 so skaars
 so skaars
En nou druppel die reën haar trane
Teen die ruit in waternat bane
Vervuld in metafisiese empatie
Ag, mens
Wanneer die geel van die perdeblom verwelk
en haar silwer haardos in die wind verwaai
Wanneer gemoed in die najaar draai
Die boer die laaste vrugte maai
Kyk dan in die hemel na die windswael
Wat verhuis sonder kwaal
Van hier tot ver oor die ewenaar
Jou gedagtes na my dra op die wind se snaar
Ag, jy
Nostalgie het geen kuur
En kom daardie laaste tydglas uur
Waar ons sal beide moet reis in eie tyd,
Alleen van hier na daar
Mag ons net hoop dat in die poshok
Het die laaste brief tussen ons ook ontdok.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-47005204158573864702015-08-05T13:55:00.000+01:002015-08-05T15:28:43.152+01:00Slotsom<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Slotsom
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Kom die dag, kom die uur
Kom die laaste maal
Die end van lewensduur
Daardie reis van hier na daar
Maak dié laaste taak vir my klaar
Lê my vleeslike stof neer daar
Waar die son oor Ifidi,
Die Mnweni-oggend in die vuurkleur baar
Die finaliteit met gras, grond
En uKahlamba se basalt af te rond
Wanneer die mis rotsteater omvou
Die winterwind verwoed waai
Die klein waterval verys wit en grou
En lammergeierskadu die rotsspiese bedek
Gevind my siel sy tydelike rusplek
En sou die Groot Meester
My gees nog laat dwaal,
Laat dit dan wees ter
Ontwrigting van die boosdoener;
'n Beskerming vir die bergklimmer
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-89264196273855459062015-06-06T00:01:00.000+01:002015-06-06T00:01:07.565+01:00Ysklim in die DrakensbergDie Suid-Afrikaanse winter is alweer oppad. In die noordelike halfrond probeer dit somer wees. Ysklim is derhalwe 'n jaarlikse aktiwiteit van heelwat bergklublede. Wanneer die wintermaande op Suid-Afrika toeslaan word daar na afgeleë gedeeltes van die Drakensberg getrek op soek na geyste watervalle. Dis 'n goeie tyd om nostalgies te raak oor die buitelewe in Suid-Afrika deur 'n ou artikel deur Die uwe Ysbeer oor juis so ysklimtoggie.
Ysklim: Julie '97
Die goeie reën van die afgelope jaar het net goed voorspel vir ystoestande in die 'Berg. Nie net was die ys en sneeu in uitstekende toestand nie, dit was ook die meeste Bergklub lede (en nie-lede) wat Ysbeer nog ooit saam op die 'Berg in winter gesien het. 
Vir die meeste van ons mere mortals is Giant's in 'n dag redelik harde werk. Voeg daarby 'n week se kosvooraaad, winteruitrusting, yspikke, krampons en sekere nuwelinge wat nog nooit 'n Drakensbergpas gedoen het nie - 'n goeie resep vir pret. Óf dit die bangpraat was, óf die Romeinse mars van Chris, almal maak dit toe in een dag. Almal, behalwe een nie-lid, wat besluit het om maar eerder in die pas te oornag. Ysbeer het nog sy bedenkinge oor waar die oorsaak lê - fiksheid of whisky! 
Die sneeu was diep, volop en vol pret. Vra maar vir Rob oor sy Toboggan Run - 150m se (amper) reguit sneeulaan. Afgerond met 'n draai daar ver onder. Dit was glo om te verhoed dat niemand die tentdorp uitwis nie. Nie dat dit eintlik vir Szabolcs gekeer het nie - dié kop eerste oor die ramp aksie het Ysbeer laat wonder of daar dalk sulke skole in Roemenië is.
Die goeie sneeukondisies was uitstekend vir die oefen van sneeuankers en Self-arrest. Natuurlik het dit 'n paar gate in die nuwelinge se waterdigte klere veroorsaak tot groot vermaak van ander. Nie dat die (klein bietjie) ervares nie deurgeloop het. Ysbeer onthou die toerleier se verleentheid van 'n vooroorrol wat kop en skouers in die sneeu en voete in die lug gestop het.
Die ys by Makaza was hierdie jaar werklik in 'n goeie toestand - vir die eerste keer in baie jare was daar lyne van blou ys. Die nuwelinge het ook vinnig aangepas by die nuwe tegnieke. Na aan die einde van die week het Chris sy eerste waterval op Makaza gelei. Hy vertel met groot genot van die paar benoude oomblikke naby bo toe hy besluit het om op 'n vrot stuk ys te topout. 
Schalk & Szabolcs het Eastern Gully as 'n winterroete gaan doen. Tegnies was dit nie moeilik nie, net lank en uitputtend. Die crux was 'n sneeubrug wat oor 'n waterval gevorm het. Ysbeer verstaan nog nie waarom Szabolcs besluit het om, om te val juis toe Schalk net mooi op die moeilikste plek was. 
Intussen terug by basiskamp kry Barend 'n nuwe bynaam - Sick Boy. Blykbaar iets te doen met die toestand van sy kookpot - Ysbeer sal hom maar liewer nie hieroor uitlaat nie. Dalk kan hy die wind blameer, want dié het die Transvaalseksie lede al die Maandag verjaag. Ysbeer reken die feit dat drie Isotec's deur nagtelike windstorms bly staan het, 'n goeie advertensie vir Sunseeker is. Dalk moet tentvervaardigers die Bergklub elke winter met 'n paar tente borg om te toets? 
Teen Vrydag het die weer 'n draai na nog sneeu begin wys en dis eenparig besluit om uit te stap. Dit was 'n goeie tyd om te klim. Of die goeie toestande weer volgende jaar daar sal wees, is te betwyfel. Daar is tans sprake dat die El Nino weer oor die Stille Oseaan sy verskyning maak. Ons sal moet wag en kyk. Daar sal wel weer volgende jaar geklim word. 
Aangesien tradisie 'n ding is wat in ere gehou moet word, was die toer sonder enige teenstemme afgesluit met 'n goeie pig-out by Halfway Restaurant.
-- Ysbeer 
Oorspronklike artikel was in die 1997 uitgawe van Peglarae, die nuusbrief van die Magaliesbergafdeling van die Bergklub, gepubliseer.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-55771255317031095032015-05-13T23:45:00.001+01:002015-05-13T23:45:20.184+01:00Wat Suid-Afrika van Indië kan leer
Ek het die laaste twee dekades heelwat na Indië gereis. Ek geniet my besoeke en ek baie waardering vir die plek gekry, Ek dink voorwaar die Suid-Afrikaanse bevolking kan heelwat by die van Indië leer.
Ek wil sonmmer so met die intrapslag sê dat nou nie ’n plek waar ek sal heengaan om goeie voorbeelde van projekbestuur te sien nie. Ook nie om modelbestuurders op middelvlak in ’n organisasie te vind nie. Dié is nou waarlik yl verspreid daarso. En so verre dit regeringskorrupsie aangaan is hulle op gelyke voet met Suid-Afrika. As hulle hul korrupsie kon uitskakel, sal Indiê so vinnig vooruitgaan, dat Rusland & China soos derde wêreld lande sal lyk.
Hulle het ook ’n groot inkomste verskil tussen die bo-op die inkomsteleer teenoor hulle wat onder is - baie soortgelyk aan die situasie wat in Suid-Afrika is. Wat wel verskillend is, is hulle benadering daartoe. In SA sien mens baie woede daaroor, geweld en haatspraak, wat veral aangevuur word deur politici vir eie gewin. In Indië blyk daar ’n groter aanvaarding daarvoor te wees. Ek dink dit is gesetel in die filosofiese benadering van dharma, arta, kharma en moksha. Dis terme wat elke Indiër met vertroud is, ongeag van hulle godsdiemstige oortuiging - di sin hulle sosiologiese DNA. Ek kan dit baie rofweg (en feitlik inkorrek) vertaal as etiese & morele standaarde, wetlike en finansiële strukture, toekomende gerigtigheid en bestemde spiritualiteit. Dis asof dit hulle lei om te aanvaar wat hulle omstandighede is, maar terselfdertyd hulle te laat wedywer vir ’n verbetering van hulle eie omstandighede en die van hulle nageslagte. Die kompetisie op universiteite vir die beste in klas en sodoende vir die beter werkgeleenthede is skrikwekkend. Hulle wag nie vir die regering vir uitgifte nie, hulle is gemotiveerd tot selfverbetering. (Hierdie ding val ’n bietjie plat waneer baie van hulle die status behaal het wat hul soek, maar dit ontneem nie al die wedywering wat hulle ingesit het daar uit te kom nie).
Die groot item wat vir my uitstaan bo alles is verdraagsaamheid. Dis korrek ja, ver-draag-saam-heid. Indië net oor ’n biljoen inwoners met diverse kulture en godsdiens. Hulle het welwiswaar hulle klein groepies religeuse ekstrimiste, maar hulle eintlik so min verhoudingsgewys tot die totale bevolking dat dit in my opinie niksbeduidend is nie. Die kulture mengpot word aanvaar sonder stryd. Die kulture diversiteit word aangemoedig. Daar is geen poging om almal dieselfde te laat wees nie - wel ten minste nie sedert die Britte daar weg is nie. Daar is nie argumente oor wie eerste daar was oor wie land van wie gesteel het nie. Niemand probeer eise instel teen nasate van die Mughals net omdat hulle Indië 500 jaar terug ingeval het nie. Dit word aanvaar as deel van hulle geskiedenis. Finish en klaar.
As jy nou mag dink hulle lyk almal stereotipies Indiër, dink weer. Laat ek jou voorstel aan die Salesiërs van die weskus, die Bhutia en Lepcha van Sikkim en die Siddi van Karnataka en Gujarat. Laat lees maar gerus oor hierdie groepe om jou eie horisonne te verbreed. Die kernpunt, egter bly dit van verdraagsaamheid. Hier is nie diskriminasie op ras gebaseer nie. (Daar mag wel nog klassediskriminasie (caste system) in sekere areas wees, maar dit verminder oor die jare). Mense aanvaar mekaar. Deesdae is skole verplig om Engels en Hindi aan almal te leer en dan ook ten minste een plaaslike taal. Dit help met kommunikasie, maar behou ook kultuur. 
Daar is ’n groot verskeidenheid godsdienstige en kulture vakansiedae. Mense kies die wat hulle wil bywoon na gelang van hulle kultuur en almal is gaaf daarmee. Besighede aanvaar dit sonder probleem. Daar is ook ’n paar standaard vakansiedae wat almal vat soos Republiekdag, maar hierdie buigbaarheid beteken dat daar min dae is wat daar niemand op kantoor is nie.
'n Gebuertenis wat my bybly is gasvryheid. Eendag op Bhubaneswar is heelwat vlugte, insluitend ons s’n, vertraag met ’n paar uur. Die klein lughawetjie was oorvol. Een paar ou mense wat geen Engels kan praat nie bied ons hulle sitplekke op die lughawe aan. Hierdie is bejaardes waarvoor ek eintlik my sitplek moet opoffer, maar nee dis omgekeerd. Hoe dan so? Die rede is omdat ons vreemdelinge is en derhalwe gaste in hulle land. Geen xenofobie nie, net gasvryheid en die behandelinge bvan vreemdes met respek.
Uit krieket leer ek toe ook een ding - passie sonder verdeeldheid. Wanneer Indië krieket speel dan word word hulle heelhartig ondersteun. Daar is nie afvalliges wat Pakistan ondersteun nie. Dis Indië of niks, nie soos sekere groepering Saffas wat dink dis cool om eerder die All Blacks te ondersteun nie.
Hierdie is nie dinge wat deur wetgewing vasgemaak kan word nie - dit kom uit die hart uit, uit ’n meestal evolusionêre sosiale struktuur. Dit kom ook uit die persoonlik besluit om goed te doen. Kharma en moksha is die dryfveer. Die kharma van die gemeenskap is verbind aan die kharma van die individu. Stel jou voor as Saffas hierdie begin doen, hoeveel beter dit sal wees.Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com1tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-64564871685053711362015-05-13T13:05:00.000+01:002015-05-13T13:27:17.931+01:00Middagslenter
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Middagslenter 
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Loop oor die dorpsplein
Hierdie middag met sonskyn
Die windjie byt eina
Somer is hier, byna
Voel lus vir ’n plaaslike bier
Maar die hops en gis sal net die maag ontsier
Hier in ’n eeu-oue klipsteen boulevard
Laat maar die idee vaar
Straattroebadoer sing sy hart uit
Onder die kloktoring se tuit
Tussen vlooimarktentdakke 
En haweloses se brakke
Loop in by die koffiewinkel
Waar die barista reeds die bestellling bekinkel
Daarmee saam 'n sny rooifluweelkoek
Vir die laaste hoofstukke van die boek
Dis middag, dis sonskyn
Wanneer bates van dubbel-D’s verskyn 
Word daar gedink aan jou, jou en jou
In die land van hemelblou
Hier loop alleen en kyk
Hier is die siel ryk
Gevul met geseënde herinnering,
Ervaringe wat geld nie kan bring
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-45025408017323236552015-05-10T21:50:00.002+01:002015-05-10T23:15:17.744+01:00Karweier van Hoop
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Karweier van hoop
Webblaaier sosiale media ritueel
Rol op, rol af
Van oortjie na oortjie
Vingers en oë spring in my kennisaandeel
Ek lees van ’n land verdeeld
Gekloof asof met NP van Wyk Louw se beitel
Ek lees opinies, emosies van
Hulle wat kla, hulle wat haat
'n Vuur van tweespalt wat aanwaai
Politici wat lieg, bedrieg, sonder verlies
Ek sien die woede wat mense sonder uitweg
Uitverkoop aan die revolusie se leuens
Ek lees die uitlatings wat die kleurlyn blameer
Wanneer is die joernalis se waarheid nog reg?
En wanneer hulle na burgeroorlog hunker
Is my hart so soekend na hoop
Ek nou lees ek wat jy skrywe 
Ek sien jou fotoplasings
Jy uit verlange se dae
Jy, blonde meisie van Sea View
Jy, jou pa se kombi
En ons wat Sondae saam kerk toe ry
Ek lees wat jy plaas en skrywe
Ek lees wat jy doen
Ek sien geen donker
Ek sien nóg nag nóg doodsduiwe
Net die hoop en pilare 
Van gesonde gemeenskapsgroei
Juffrou, Juffrou
Jy wat die gees kan maak en breek
Jy is die een wat die lig op die pad bring
Jy is die een wat die duisternis verlig
Vir die volgende generasie
Stef Bos se woorde draai deur my
Jy kan ’n fok voel vir hierdie land
Of jy kan ’n brug bou na die ander kant
En ek dink weer aan jou in jou eie vlei
Waar jy gemeenskapsbrûe bou 
En jongelinge inspireer
Juffrou, Juffrou,
Jy weet dat ’n gesonde land begin 
By ’n gesonde gesin
Jy het jou voorbeeld gehad
En nou leef jy dit ook na.
Sal jy die jongelinge ook so inspireer?
Wanneer ek my rekenaar sluit
En oor groen velde wandel
Tienduisend myle weg
Het ek weer hoop, 
Sê ek saggies dankie, want jy,
Jy is ’n karweier van hoop.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0tag:blogger.com,1999:blog-8465524927781872582.post-7784453682355555032015-05-04T06:00:00.000+01:002015-05-11T19:58:52.657+01:00Die Koffiewinkel
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Die Koffiewinkel
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Klink klaar koffie kleur
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Spiraal op cappuccino skuim
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Klein tafeltjie waar lenteson
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Skadus van die dorpsplein opruim
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Bokmelkkaas, karamelui geroosterte
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">broodjie wat die room kamoefleer
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Op daardie sojamelk-antocinno van die
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Vrou wat beweer dat sy gesondheid bestudeer. 
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> <span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"><span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Die koffiewinkel het kaffeïenvry
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel het almandelmelk
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel is Fair Trade meneer
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Kom jy weer 'n volgende keer?
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Barista brou met bruin bone
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Donker espresso, donkerswart
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Kenya, Columbië of Peru bedeëlt
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Kaffeïen klop klop jou hart.
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Sshhh sshhh ssshhh sjoee sssss
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Dis warm, dis stoom, dis aan'd borrel
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Die melk vir die mokka
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Vir die man met die das om sy gorrel
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel het koek
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel het ontbyt
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel speel jazz meneer
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Kom jy weer 'n volgende keer?
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Costa, Caribou, Starbucks, Segafredo
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Mug and Bean, Ritazza, Lavaza,
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Vida e Caffé, el camino al café
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Regmakers te koop op stasie en plaza 
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Hier kan ons kuier
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Hier kan ons werk
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Hier kan ons onttrek 
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Wanneer die wêreld ons senu's werk
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel het frappé
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel het internet 
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkellojaliteitsprogram meneer
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Kom jy weer 'n volgende keer?
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Bulgaarse espresso Borovets
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Koffie Verkeerd Amstelveen
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Rooi cappucino Kaapstad<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">
Drink'it warm onderdak uit'ie reën
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Koffiekroeg, koffiekiosk, koffiewinkel
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Oggendregskop, middagkuier, aandslenter
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Stadsmens van die een na die ander, getrou
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;">Die sosiale bindlint gevind in die koffieventer.
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel is hier
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel bedien my plesier
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Die koffiewinkel se apparaat reeds gepoets en poleer
<span style="font-family: "Courier New",Courier,monospace;"> Want more kom hierdie stadsmeneer weer.
Anonymoushttp://www.blogger.com/profile/13146511659876490520noreply@blogger.com0